Oepsie Daisy... my stofpadkoerant se blaaie het vandag effens omgewaai, en…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Volg asb die Bar-B-Que Steakhouse Parow
Oepsie Daisy... my stofpadkoerant se blaaie het vandag effens omgewaai, en daarmee saam het my datums ook 'n bietjie verander.
Soos dit maar gaan, het ek mooi beplan, maar die lewe het sy eie planne gehad en myne het so effens skeefgeloop.
Baie van julle het reeds tussen die lyne gelees, of dalk direk van my gehoor, dat die kanker ongelukkig nie net op een plek nesgeskop het nie. My "pride and joy", en ook in my gesig, my neus, dra ook sy eie hardekwas-kruis. Daardie hardegat-dingetjie is al 'n paar keer uitgesny, maar hy wil eenvoudig nie die boodskap verstaan en padgee nie.
Maandag hoor ek wanneer hulle weer gaan sny. Wat die groot operasie betref, het ek darem nou 'n bevestigde datum gekry: 15 Desember 2026.
Daarmee saam wil ek julle laat weet dat Bar-B-Que Steakhouse op Saterdag, 12 Desember 2026, sy deure vir ons jaarlikse vakansie sal sluit, sodat ek ook tyd kan hê om op my operasie en herstel te fokus.
Ek sal later bevestig wanneer ons weer in Januarie 2027 oopmaak, maar moenie bekommerd wees nie, dit sal vroeg in die nuwe jaar wees.
Dankie aan elkeen wat saamstap, saam bid, saam moed inpraat en saam hoop. Die pad is soms rof en stofagtig, maar met mense soos julle langs die pad voel selfs die swaar dae ligter.
Groete van die stofpad af. Ons hou moed, ons hou aan, bid saam en ons stap die pad dag vir dag verder.
Marius
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 1 Oktober 2026. Lees dit op Facebook.