Sewe weke gelede het ek en die Mevrou ’n nuwe pad betree — ’n pad wat soos ’n…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Volg asseblief die Bar-B-Que Steakhouse Parow
Sewe weke gelede het ek en die Mevrou ’n nuwe pad betree — ’n pad wat soos ’n dor veld begin het, maar waarin ek gou die reën van gebede ontdek het.. Ek het geweet ek het net een kans, en ek sou dit vat. Sewe weke waarin duisende vriende saam met my knieë gebuig het, sewe weke waarin ek op vele lippe geleef het in gebed. En in daardie gebede het ek vrede gevind. ’n Mooi vriendin sê sy doen knieë diens, en ek voel geseënd.
Nou, Donderdag, stap ek weer saam met die Mevrou die spreekkamer binne. In die agtergrond sing Lize Beekman: “Ek het ’n boer sien dans…” en ek stap met ’n "two step" die Dokter se Spreekkamer binne, soos iemand wat weet die berg is steil maar die uitsig helder. Ander pasiënte wonder seker wat aangaan, maar ek weet. Die dokter sê hy verstaan nie waar daardie hoë telling vandaan gekom het nie, maar vandag is daar nuwe opsies — beter opsies vir hierdie klong. My somme vertel ’n mooi storie: die telling is byna 80% laer as sewe weke gelede. Nie deur pille nie, maar deur gebed — gebed van ’n skare mense.
Die ander kolle bly nog ’n bietjie hardegat, maar ek weet ek is in veilige hande. Ek het my pakkie probleme met sekerheid oorgegee aan my Skepper, en Hy en die dokters werk saam, hard en getrou.
Moenie ophou bid nie. Moenie ophou om vir my te kom kuier nie. Moenie ophou nie. Ek sal ook nie ophou om julle in gebed op te dra nie.
Ek neurie die woorde soos ek wil: “Ek het al ver gery op hierdie nuwe pad, dit was die verste pad van ek weet nie wat, maar die kortste pad na waar ek wil wees. Dit het gevoel soos ’n groot verdwaal, maar diep binne het ek geweet…”
Nog vier weke dan begin die behandeling, sal julle op hoogte hou.
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 14 September 2026. Lees dit op Facebook.