Ai oom Marius, die kat kom weer hoor ek vandag in Oxford straat oor ʼn…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Ai oom Marius, die kat kom weer hoor ek vandag in Oxford straat oor ʼn melkskommel.
Aan die onbekende en tog bekende mense, John en sy ma, die Apteker en die personeel van Clicks De Tyger Parow, die Ambulans personeel en die Madalla wat my op die grond laat lê het en met die karton oor my gewaai het.
Saterdag het die steek van bye my onkant gevang, en ek het gevoel hoe die wêreld stadig van my wegdryf — het besef hiers moeligheid. Al van kleindag allergies vir bysteek. Besef met my jaagtog huis toe, die pad is te lank en draai af na Clicks die nuwe een in twaalfde laan. Vra vir die klein blou pilletjie, nee, die antihistamien, spesifiek vir bysteek. Sit een onder die tong en sluk een, draai om, om te betaal. My ligte raak dof, .......
My asem het kort geword, my hart het swak geklop, my bloeddruk later 87 oor 58 en ek het die koue skadu van die dood oor my skouer sien naderkom.
Maar toe het julle, vreemdelinge, soos engele net daar gewees vir my. Julle was soos lig wat my teruggetrek het uit die donker, julle stemme wat my herinner het dat ek nog behoort aan die dag. In daardie oomblik het ek gesien dat liefde nie ’n naam nodig het nie, dat genade nie vra wie jy is nie, maar eenvoudig gee.
John, jy en jou ma wat heeltyd by my gebly het, die personeel wat met groot oë die nodige gedoen het, ek dink ook die ambulans gebel het, die werker buite wat ingekom het en my gehelp het, die man en vrou in die ambulans. Weet ek nou nog nie wie my rekening betaal het nie.
Ek bedank julle met ’n hart wat nie genoeg woorde het nie. Julle het my nie net gered nie — julle het my geleer dat die mensdom steeds goed in hom het, selfs in ’n wêreld wat dikwels ongevoelig is. Ek dra julle dade in my binneste, ek sal dit nooit vergeet nie.
Mag die lig wat julle oor my gebring het, ook oor julle paaie skyn. Mag elke dag vir julle ’n seën wees, soos julle vir my ’n wonder geword het. Hierdie dag sal ek onthou, nie as die dag van bye nie, maar as die dag van engele in menslike gestalte.
Met ’n hart vol dankbaarheid
Marius
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 7 September 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Oom Marius, soos alma jou roep… Ek weet nie hoekom die Bar-B-Que Steakhouse Parow op my feed gekom het nie… ‘n tannie by wie ek huis gekoop het in Bellville het my op ‘n slag van die plek vertel, maar ek was nog nooit daar… met oom se hart-boodskappe en die deel van oom se emosies in hierdie groot ervarings, kon ek nou nie anders as om hier ietsie te sê nie. Hel ek sal like om oom te ontmoet… en dalk ‘n ietsie te eet. (Wens ek weet waar oom se plek is- maar google sal my seker kan wys) en ‘n branna saam met oom te drink. Jy het baie hart om te deel en stories wat mens kn verreik en laat dink… Ek hoop om gou te kom kennis maak… Groete
Nico jy is welkom
Daar is 96 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.