Ek het weer gaan stap op my gisters, bietjiedag terug se gisters
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

• Ek het weer gaan stap op my gisters, bietjiedag terug se gisters. Die mooi van my pad die afgelope paar maande begin waar ek moedeloos wonder waarnatoe nou, en my instap in die wêreld van die onbekende, en ook in die wêreld van die mooi. Ek slyfer die ingangsportaal van die spreekkamers langs die N1 Hospitaal in, weet nie waarnatoe, loop die ringpad van die grondvloer, niks. Tweede vloer, tweede deur, Dr. Ackermann, Uroloog, sal maar hier probeer. Die instap in die wêreld van vriendelikheid en behulpsaamheid oorval my, “Hallo oom Marius, wat maak oom hier”? “Kan ons help, ens, ens.”? Binne 24uur is ek geholpe. Luzanne, Jessica, Fazlin en Suster Vicki, julle het my bang met n glimlag laat verdwyn. Julle glimlag en liefde was die eerste medisyne op hierdie pad van herstel wat daardie dag begin het, voordat ek nog geweet het watse pad ek nog moet loop. Dankie dat julle my herstelpad daardie dag al begin plavei het dat ek nie hoef te struikel nie, Dr. Ackermann, jy is een uit ñ duisend, nog ñ regte Dokter, ñ omgee mens. Hulle sê medisyne genees die liggaam, maar omgee genees die siel. Daardie spreekkamer op die tweede vloer sal ek net kan onthou as “HIER GEE ONS NOG OM”. Dankie Luzanne vir die XTra 100 myl wat jy vir my loop. Dr. Ackermann, dankie vir jou wysheid, jou vinnige optrede en die hoop wat jy my gegee het toe alles donker gelyk het.
• Twee dae later Saal D van N1 Hospitaal, voor vyf die oggend, oom ons wag vir jou, nagskof maak 7uur klaar. In twee ure maak ons vrinne, lag ons saam, weet ek twee is van Elsiesrivier, een van Goodwood en Bellville word ook verteenwoordig. Die tyd vlieg en dagskof begin. “Oom moenie bang wees nie, ons sal mooi na oom kyk”, toe hulle my uitstoot na die MRI en later na die Teater. My wakker word en glimlagte om my, behulpsaam almal, moet ek net se, daardie dit voel net so na die operasie was toe 250ml in ñ bottel. Ek het vir julle lief geword, ek het tot die besef gekom, N1 Hospitaal se personeel is uitsonderlik. Die verpleegsters, susters, almal wat met my te doen gehad het. Elke pil, elke skoon laken, elke opbeurende geselsie en elke behandeling het my gedra tot ek die aand by die deur uitgestap het. Dankie dat julle my waardigheid opgepas het. Ek sal probeer om altyd ñ goeie pasiënt te wees om jul goedheid te waardeer en om julle met die liefde en respek wat julle verdien te behandel.
• Mag julle geseën word vir die ongelooflike werk wat julle elke dag doen. Julle is die stille engele van die gang, die lig in die donker kamers, die stem wat fluister: jy is nie alleen nie.
• Liefde in oorvloed
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 30 Augustus 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Dr Ackermann is amazing. Alle sterkte oom. Mag ons hemelse Vader oom omring met sy liefde.
Daar is 121 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.