Ai, jai, jai. Hierdie week en verlede week loop nie mooi vir hierdie…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Ai, jai, jai. Hierdie week en verlede week loop nie mooi vir hierdie rondloopkind nie. Wat nou nog, ek en my mater van die afgelope nege jaar of baie na aan dit. Ek onthou daardie eensaam kerm van hom as jong hond teen die koue wanneer ek hom van die bed afjaag. Voorwaar n dag wat ek klein en verlore voel, hy wat soos sy baas net vrinne gemaak het, kwaad was hy net indien daar n heining tussen julle was. Saam het ons vir “Van Damme” gekyk tot laataand. Hy langs my op die bank en wanneer hy bang raak tusssen my bene op die bank. Saam voetbal gekyk, hy verkeerd, n All Black, ek trots aan my land se kant. Stry net gekry wanneer hy my van die bed af stamp, ons twee het mekaar verstaan. In sy bol nooit getrap nie, menig maal daarin vas geloop of daaroor geval. Ou Bruno my skaduwee maar ook die een wat my sleg tweede laat kom het met die motorkar in die pad voor Jaco se huis. Ek met af ribbes en hy de moer in omdat ek hom vasgehou het die dag wat die leeu ons wou aanval, die leeu n “teecup” stoepskytertjie. Die laaste maan het gisteraand oor sy lewe opgekom, vanoggend, ai ou mater, die laaste loop was swaar. Sagsnikkend het ek koebaai gese, weemoedig-klaend het dit geklink. Ek weet jy het nou vrede maar ek sal nog lank wonder oor vandag, ek weet die wind het stil geword toe die vlamme van jou vuur hier op aarde onder die askombers ingekruip het, maar die verlange en die weemoed het in my hart begin. Ek het vir oulaas jou naam genoem maar jy het nie geantwoord nie. Ou mater van my, jou asem sal daar nie meer wees om die verlang in my hart te stil nie, van vanoggend af sal die stilte in hierdie huis dit doen. Jy het vanoggend aan die end van jou pad gekom, nie alleen, met jou kop op my skoot het ek gewag, ek weet jy het die lied van die wind vir oulaas gehoor en rustig tot rus gekom op jou oubaas se skoot. Eina bliksement, hoekom trap jy my so seer hier in my binneboom.
Koebaai, mater van my.
Op die agtergrond sing Bob Dylan "How many roads must a man walk down" en ek wonder self
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 30 Julie 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
NIKS so ERG as om vir 'n diere kind te groet nie...
Madelein Smalberger ek het net laasweek my "companion" aan die dood afgestaan en ek kry erg swaar!!!!. Sterkte ou Marius....dis n seer wat nie almal verstaan nie.....
Daar is 725 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.