Uitgawe van Maandag 20 Julie 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Maandag 20 Julie 2026Terug na die voorblad

Die Bar-B-Que Steakhouse Parow sal ongelukkig Woensdag die 22 Julie 2026 nie…

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

Die Bar-B-Que Steakhouse Parow sal ongelukkig Woensdag die 22 Julie 2026 nie kan oopmaak nie. Ek, dit is nou Marius vir baie en die Oom vir meer moet Woensdag oggend vir n iets hospitaal toe gaan, hoe gouer hoe beter en Woensdag is nou daardie dag. Ek weet almal is nou nuuskierig en wil weet wat gaan aan en hoekom. Glo dit as ek se ek is ook nuuskierig en wil ook weet wat aangaan. Vir die groot mense, eindelik die manne, gaan maar gereeld vir doktersbesoeke en toetse, ek het en indien daar probleme is glo en vertrou ek dat dit vroeg opgespoor sal word. Nooit kon dink dat n mens se"Pride and Joy" nou n liability is nie. Ek sal julle op hoogte hou, maar beter kom vanaf Donderdag en kom hoor self. Sien julle more en Donderdag.

Liefde

Marius

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 20 Julie 2026. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Sterkte Marius. Hoe gouer hoe beter. Hulle het my kanker opgespoor voor dit nog n stage gehad het. Ek is nou skoon. Prys die Heer

William M.

Daar is 606 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.