Die Bar-B-Que is weer besig om in die geskiedenis te krap, 39 jaar en langer
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow
Die Bar-B-Que is weer besig om in die geskiedenis te krap, 39 jaar en langer. Die mooi van baie gisters kom so bietjie, bietjie terug en ons onthou van families wat gehelp het om hierdie Restaurant op te bou, en se dankie aan die volgende kinders, van hulle is nou al oumas, wat by die BBQ gewerk het, hele families of net susters en broers, ons onthou is nie meer so sterk nie, so asb indien julle sien ons het van julle oorgeslaan laat weet asseblief, en vergewe ons. Om omverskoning te vra gaan nie die name op hierdie lys kry nie, so ek begin met die oudstes wat ek kan onthou. Hierdie lys is net van Susters, Broers en Ma's wat hier gewerk het, die enkelinge sal later opgesit word.
Linda, Odelle en Ingrid - my vriend Harry se kinders
Charlene en Adelle(Shorty Mloti) van Zyl - my kampmaat en vriend Izak se kinders.
Lauren(vir wie ek gehelp het om n man te kry) en Roxanne(Roxi)
Monique en Shavonne(my bure in Parow se dogters)
Danelle Steenkamp en haar broer(naam vergeet) Kassie my Namakwaland en musiek vrind se telge.
Die Smit susters Libre en Nicky(vandag nog lekkerlag vrinne)
Alida, Esther en hul jonger Sussie(Naam vergeet) Duk en din vrinne
Die Bassons, Adelle, Ilze en Melanie soos al die ander spessiale vriende geword. Hulle en hul ouers
Ma Dixi(my skoolvriend van Nababeep) en haar twee kinders Aldene en Dean(Pamper)
Eliska en haar suster se kinders Danelle en Morne
Ma Heidi en dogter Melandie
Ma Amanda Shaw en haar twee kinders Michaela en Josh
Ma Monica en dogter Wilmien
Dan het ons vier susters hier gehad, nie bloedfamilie van mekaar nie, maar vier kinders wat familie kon wees aan al die aanjaag en grappe wat hulle gemaak en gedoen het. Hoofletter kinders:
YOLANDIE, ALIDA, MADELEIN EN MARLIZE.
In ons kombuis het ons die drie Pofadders gehad Denise(al 20 jaar deel van die meubels) en haar susters Charmaine en Ray.
Al hierdie mense kan ek vandag vriende noem, almal van hulle.
Waaragtig vergeet ek van die spesiale mense in die BBQ se bestaan.
Ma Charmaine, Armando seun en dierbare dogter Eulalie du Toit
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 24 Junie 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Indien julle foto's wil opsit asseblief on sal dit waardeer en geniet
Bar-B-Que Steakhouse Parow Dis nou oulike idee. Ek like dit wow!!
Daar is 44 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.