"Don't trust a skinny chef" moet ek gereeld hoor hier by die Bar-B-Que…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

"Don't trust a skinny chef" moet ek gereeld hoor hier by die Bar-B-Que Steakhouse Parow tong in die kies, ñ glimlag en mooi komplimente oor ons mense en ons kos. Baie dankie almal vir die mooi en dankie vir die lekker kuier. Ek het in my gistergoed gaan krap om net vir julle almal te wys dat op my dag was ek darrem bietjie "voller in die hol".
Baie dankie vir die mooi wat julle by die BBQ se deur inbring. Dankie vir die vriendskap en liefde, dankie vir die verstaan en aanvaar wanneer ons aanjaag. Dankie dat ons julle vriende kan noem. Ek en die Mevrou sê bitter baie dankie dat julle deel is van ons omgee stofpadkoerant se voorblad en die kinders, al die kinders wat hier werk sê dankie dat julle help om hul drome waar te maak..
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 9 Julie 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
🤣🤣🤣 Nee wat my vriend...dit is strooi daai..Jy is die BESTE SKINNY CHEF IN DIE HELE WESKAAP..!!
DaveandViv Senekal korreksie in die hele land
Daar is 41 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.