Een hele maand is verby nadat ek en die Mevrou by die dokter was, ek om te…
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Bar-B-Que Steakhouse Parow follow ons asseblief.
Een hele maand is verby nadat ek en die Mevrou by die dokter was, ek om te hoor en sy om te luister. Ek het gaan stap op paaie baie somers gelede, en die mooi van my gisters bymekaargesit. Gisters wat nooit onder die ashopies van vergeet sal inklim nie. Dink ek aan dae in die Buffelsrivier se loop waar ek en die een wat nooit vir my kwaad was, kaalvoet in die sand gedans het. Droomdink ek aan Kandas en krap ek in onthou laaie van my lewe, besef ek paaie geloop was nog altyd mooi. Mense op my pad was uitsoek mense, beleef dit die afgelope maand elke dag. Sien ek mense, maters en vrinne wat dieselfde pad stap dan ek. Jacques Theron en Jana wat in hierdie tyd my "Induku" (kierie) is, wat net op die regte tyd saggies langs my kom stap en wys ek het altyd iemand naby my wat ook dra aan die seer van die onbekende, en ons kom agter dat die druk agter die blad die hand van ons Skepper is wat ons help na ons smorens. Ek het my padkaart gaan uithaal en op hierdie stukkie mooi afgekom. Kom stap saam op my mooi.
Ek loop 'n teerpad, swerf op grondpaaie, droom op bospaadjies en hike op die freeway. Daar's stukke vol klip en gruis, maar plek-plek vang ek 'n stuk satyn en dan gly die pad weer heerlik glad onder my verby. Dis 'n pad van groot word en slim word, van sonskyn, baie lag en soms reën. Solank ek net aanhou stap, word ek al hoe wyser en ontdek ek meer en meer geskenke om die kronkels van my pad. Elke draai, elke kronkel, bring ’n geskenk: wysheid wat soos sonstrale deur wolke breek, lag wat soos reën teen droë grond val.
Ek ken van hierdie wêreld se fine luxuries en ek weet hoe stunning dit kan wees saam met die regte vriende, maar ek bly verlief op die verniet goed in die lewe - die ruwe ongeslypte wonders van hierdie wêreld wat jou asem wegslaan as jy jouself net genoeg vryheid en tyd gun om daarin te "indulge". Dis al wat jou ooit werklik na jou asem sal laat snak - dis die goed waarvoor ek crave! die asem van die see, die fluister van bome, die glimlag van ’n vriend. Dit is dié dinge wat jou hart lig, wat jou herinner dat jy steeds kan hoop, steeds kan leef.
Ek’s 'n natuurmens, ek hou van die bos, van die see, van son en reën en baie van diere. Ek lief musiek, rooiwyn, boeke, travel, geskiedenis, rum en biltong, die sterre, bome en nog hope ander goed. Ek's 'n Koos Doep fan! Ek het 'n vlam wat brand in my hart. Ek't al 'n pad geloop in die lewe. Ek't lesse geleer - ek weet van grond- en teerpad en van goeters waarvan nie so baie ander mense weet nie. Ek ken van verdwaal in die melkweg en ek glo ook dat engele ons oppas, dat selfs in die donkerste nag ’n ster jou pad kan wys. En ek glo dat elke dag, al voel dit swaar, ’n kans is om weer te ontdek dat jy sterker is as wat jy dink.
Ek verdwaal gereeld in ou second hand book shops. Boeke maak my skatryk!
Ek redeneer en filosofeer oor die goeters wat regtig vir my saak maak. En tog kan ek opgewonde raak oor lawwe stuitige goed ... die ewige kind in my.
So hou aan stap, hou aan droom, hou aan hoop. Want die melkweg is vol kronkels, maar ook vol lig. En iewers om die draai wag daar ’n nuwe dag — ’n dag wat jou weer sal laat glimlag, ’n dag wat jou sal herinner: jy is nooit alleen nie.
Los grepe uit my gedagtes en siel ... soek ek ook na dieper goed? Dalk loop ons mekaar raak om een van die kronkels in die melkweg of op die freeway ..
My gebed vandag: "Here dankie dat U nooit moeg word nie"
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 22 Augustus 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Dit is altyd makliker met so baie mense wat omgee oom Marius. Ons het mos n deal gemaak dat oor n paar jaar gaan ons terug kyk en sê ons alby het die monsters oorwin. Sterkte daar oom M en sien binnekort weer.
Dankie Jacques, my hare is af, nou nie so glad blink soos joune nie maar lyk soos 'n klaar geoeste stoppel land. Mooiloop
Daar is 179 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.