Uitgawe van Maandag 5 Oktober 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Maandag 5 Oktober 2026Terug na die voorblad

Nog 'n oepsie-daisy vandag gaan haal

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

Volg asb die Bar-B-Que Steakhouse Parow

Nog 'n oepsie-daisy vandag gaan haal. Maandae is mos my rondlooptyd. Vandag gou dokter toe, nou nie die een wat die "Pride and Joy"-werk doen nie, maar die een wat opgefrommelde kardoessakke regtrek en glad maak. Die plastiese chirurg wat die hardegat kwaad in my gesig uitsny, gaan hom nou glo 'n goeie hou gee, 'n regte knockout.

Nou moet ek alweer vir julle sê dat Bar-B-Que Steakhouse volgende week Donderdag die 15de Oktober, Vrydag en Saterdag toe gaan wees. Ek word Donderdag geopereer en indien alles mooi en goed afloop, is ek weer Dinsdag die 20ste Oktober terug in die tuig. Maar ja, dinge kán verkeerd loop.

Ek weet egter alles sal reg verloop vir hierdie Rondloper. Ek het mos my pakkie lankal aan my Verlosser oorgegee en tot vandag toe was ek nog nie een minuut spyt daaroor nie. Wanneer die pad skurf raak, dra geloof soms meer as wat sterk bene ooit kan. Die stofpad draai soms skerp, maar die Here ken elke draai. Dit voel soms of die son agter ñ koppie gesak het, maar môre oggend klim hy weer uit.

Hierdie week en volgende week tot Woensdag moet julle dus maar kom kuier.

Ek en die Mevrou sal julle op hoogte hou soos die Stofpadkoerant van die rolpers afkom.

Dankie vir julle omgee, julle gebede, julle liefde en julle ondersteuning. Dit beteken meer as wat woorde kan sê.

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 5 Oktober 2026. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

N hart so mooi soos die mooiste blom in Kirstenbosch, en so taf soos die gemsbok in die Namib woestyn. Weet oom Marius is in die Skepper se beskermde hand , saggies toegevou.

John S.

Daar is 224 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.