Uitgawe van Dinsdag 24 November 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Dinsdag 24 November 2026Terug na die voorblad

Die Stofpadkoerant is vandag een jaar oud

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

VANDAG, 'N JAAR GELEDE HET ONS 'N STUKKIE VAN ONS GESKIEDENIS VERLOOR...

Vandag is dit presies een jaar gelede dat ons Facebook-blad, met al sy jare se geskiedenis, herinneringe, boodskappe, foto's en stories, van die aardbol af verdwyn het. Sommer so, sonder waarskuwing. Asof iemand met 'n groot besem deur ons verlede gevee het.

En glo my, dis nie lekker om jare se mooi onthougoed in een oomblik te verloor nie. Dis amper soos om jou ouma se resepteboek te verloor, net met baie meer mense se name daarin! Maar nou ja, 'n Namakwalander sit nie sommer langs die pad en huil oor 'n pap wiel nie. Jy skop die klip eenkant toe, haal die domkrag uit en begin weer. En dit is presies wat ons gedoen het. Vandag, een jaar later, staan ons amper weer waar ons was. Die herinneringe word stadig maar seker weer opgebou, die mense kom terug en die stories kry weer lewe. Daar is net nog 'n klein klompie mense wat ons kort om weer die getalle te hê waar ons graag wil wees. Daarom vra ons vandag, sommer mooi en met 'n oop hart, vir elkeen wat hierdie boodskap lees:

Gaan volg asseblief weer die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad.

Dis net een klein vingertjie se werk. Jy hoef nie eers jou skoene aan te trek of petrol in jou kar te gooi nie. En as jy klaar gevolg het, help ons deur hierdie boodskap met jou vriende te deel.

Vir julle klink dit dalk na net nog 'n Facebook-volgeling. Vir ons beteken dit baie meer. Dit beteken dat daar weer iemand saam met ons op die stofpad stap. Ons wil graag hierdie hoofstuk van minder mooi herinneringe afsluit en met 'n skoon bladsy, 'n vars koppie koffie en sommer baie nuwe moed vorentoe kyk. Want die lewe is mos maar soos 'n stofpad deur Namakwaland. Party dae is daar stof, ander dae klippe, en soms kry jy 'n slaggat wat jou laat wonder of jou niere nog op hulle plek is! Maar solank daar mense is wat saam met jou ry, is die pad die moeite werd. Aan elkeen wat ons deur hierdie jaar ondersteun het, elkeen wat teruggekom het en elkeen wat gehelp het om ons weer op die been te kry: BAIE, BAIE DANKIE.

Julle is nie sommer net volgelinge nie. Julle is deel van ons storie. Kom ons maak vandag daardie laaste stukkie pad klaar. Met 'n Namakwalandse hart, 'n Bar-B-Que-vuur wat nog lekker brand en arms wat wyd oopstaan.

Volg ons asseblief weer. Ons wag vir julle!

Groete van Bar-B-Que Steakhouse Parow

Want 'n bladsy kan verdwyn, maar 'n mooi storie en die mense wat daarin hoort, kry jy nie sommer dood nie.

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 24 November 2026. Lees dit op Facebook.