Uitgawe van Saterdag 24 Oktober 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Saterdag 24 Oktober 2026Terug na die voorblad
In memoriam

Nandi se Laaste Blaadjie in die Stofpadkoerant

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

Volg asb Bar-B-Que Steakhouse Parow

Die Stofpadkoerant se blaaie warrel deesdae deur stormwinde aangedryf. Winde wat al maande lank net waai, en waai, en waai. Nie daai sagte reënwind wat die twa-gras laat uitslaan en die knoenebies laat wakker word uit hulle winterslaap nie. Nee. Dis die ander wind. Die wind wat stof oor mooi goed kom neersit. Die wind wat stilte bring waar daar eers lag was.

Ek en Mevrou het voordag opgestaan. Die son was nog nie eers oor die rantjies nie. Die wêreld was grys en stil, asof selfs die môre geweet het wat voorlê.

Ons moes die lang pad vat na die dieredokter. Dieselfde pad wat ek 'n ruk gelede met trane in my oë moes stap toe ek my ou maat op my skoot laat le het waar hy rustig aan die slaap geraak het.

Maar vanoggend was dit Mevrou se beurt.

Vanoggend moes sy haar mater, haar Nandi, die een met die sagte oë en die goeie hart, die een wat nooit verby iemand kon loop sonder om liefde uit te deel nie, vir oulaas vashou.

Nandi, wat haar plek nie net in die huis gehad het nie, maar diep in ons harte.

By die dieredokter het sy stadig na die blink tafel geloop. Sonder weerstand. Sonder kla. Asof sy geweet het haar reis is klaar gestap.

En toe kom daai stilte.

Daai swaar Namakwalandse stilte wat oor jou sak soos stof ná 'n windstorm.

Ons trane het geloop en geloop. Vir alles wat was. Vir elke groet by die hek. Elke stertswaai. Elke nat neus teen 'n hand wat swaar was. Elke aand se geselskap wanneer die wêreld te groot geraak het.

Die onthou lê nou oral rond. In elke vertrek. Op elke stoep. Langs elke stoel.

Die stories van Nandi sal nog vir baie jare deur ons huis loop. Haar bladsy in die Stofpadkoerant is nog lank nie klaar geskryf nie. Want sommige liefdes, vat baie lank om totsiens te sê.

In ons huis het daar vandag iets stil geraak. Daai besondere liefde tussen 'n nooi en haar viervoet-vriend. Daai soort liefde wat nie vra nie. Wat nie oordeel nie. Wat net gee. Onvoorwaardelik.

Nandi was nie sommer net 'n hond nie. Sy was ounooi se skaduwee. Haar troos. Haar vrind. Haar stukkie son op donker dae. En sulke liefde kry 'n mens nie sommer weer nie.

Rus nou, ou vrede. Rus nou, ou liefde. Rus nou, ons liewe Nandi.

Jy het jou hele lewe lank net gegee en gegee en gegee. En dalk, net dalk, het al daai omgee jou moeg gemaak.

Loop sag deur die reënboog se veldjies, ou meisie. Ons sal jou nog lank hoor in die wind wat oor die Kaap se vlaktes huil.

Hier lê Nandi nog vir oulaas teen haar nooi vas. Nie 'n woord is gesê nie, want party liefdes praat nie met woorde nie. Hulle leef in sagte oë, in 'n warm lyf teen joune en in die stilte tussen twee harte wat mekaar verstaan.

Vandag staan haar mandjie leeg en die huis klink anders. Maar die liefde wat sy los, lê soos stof in elke hoekie van ons bestaan. Jy kan dit afstof, maar wegkry sal jy hom nooit.

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 24 Oktober 2026. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Ek het op hierdie afgekom en hoop dit sal jou laat beter voel - My dear human, I see you crying, because it's time for me to leave. Please don't cry. I want to explain some things to you. You're sad that I'm gone, but I'm glad to have met you. How many dogs like me d-i-e every day without having met someone special like you?. I know you are saddened by my departure, but I had to leave now. I want to ask you not to blame yourself. I heard you sobbing that you should have done something more for me. Don't say that, you've done a lot for me! Without you, I would have known nothing of the beauty I carry with me today. You must know that we animals live intensely in the present. Our lives begin when we know love, the same love you gave me, my wingless angel. Please don't cry anymore. I leave happy. I remember the name you gave me, the warmth of your house which at that time became mine. I hear the sound of his voice talking to me, even if I don't always understand what he is saying to me. I carry in my heart every caress you gave me. Wash your face and start smiling. There are many like me waiting for someone like you. Please give them what you gave me, they need it like I needed you. ❤

Yona L.

Yona Landman dis sooo mooi, baie dankie dat jy deel met n omgee hart.

Anna H.

Daar is 155 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.