Uitgawe van Maandag 2 November 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Maandag 2 November 2026Terug na die voorblad
Kennisgewing

Woensdag gaan ons stem… en Woensdagaand kom ons eet!

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

Die Stofpadkoerant plaas n Noodberig

Woensdagmiddag, die 4de, is dit mos verkiesingstyd. Van ons mense weet nou al hulle gaan maar moet vrede maak met die feit dat hulle nie betyds by die werk gaan uitkom nie. Ek inkluis!

Die vorige verkiesing was, soos die voriges, 'n storie van wag, wag en nogmaals wag. Die organisasie was nou nie juis iets waaroor 'n mens 'n hoendervleis-storie sou skryf nie. Ons het ure gestaan en wag. Maar nou ja, dis ook maar deel van die demokrasie. Jy moet soms eers jou geduld gaan tem! Voordat jy gaan stem.

Maar genoeg van die politiek!

Woensdagaand vanaf 18:00 maak ons by die Bar-B-Que Steakhouse ons deure oop.

En omdat ons weet dat 'n mens ná so 'n middag dalk iets nodig het om die gemoed weer op te helder, het ons 'n spesiale bederfie:

Elke tafel wat bespreek, kry 'n bottel wyn verniet! Ja, verniet. Nie verniet-met-'n-sterretjie-en-klein-drukkies-nie. Sommer regtig verniet! Dit is goeie wyn, nie rooi-proppie nie

Kom geniet lekker kos, goeie geselskap, 'n glasie wyn en daardie lekker saamkuier waarvoor ons so lief is.

Bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Bar-B-Que Steakhouse 021 939 6328 vanaf Dinsdag om 10h30

Dankie aan elkeen wat ons ondersteun. Julle maak dit vir ons die moeite werd om elke dag die deure oop te sluit.

Ons sien uit om Woensdagaand saam met julle te kuier. En wie weet, teen daardie tyd is die verkiesingskoors dalk al 'n bietjie afgekoel!

Met waardering en 'n warm groet,

Marius, die Mevrou en die hele Bar-B-Que-span

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 2 November 2026. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Marius vir President? Ek stem!

Awie A.

Daar is 10 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.