Nog n blad van die Stofpadkoerant
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Die telefoonpratertjie het van vroegdag af bo-op die kassie langs my kooitjie gerittel, gepiep en gelui asof hy bang was ek vergeet dis my verjaarsdag. Teen die tyd dat die son behoorlik kop uitgesteek het, het ek gewonder wat ek dan nou in hierdie lewe reg gedoen het om soveel liefde te verdien.
Baie dankie aan elkeen wat gebel, boodskappe gestuur, iets op Facebook geskryf of sommer self kom kuier het. Elke woord is gelees, elke stemboodskap is geluister, en elke goeie wens het sy pad tot diep hier binne in my hart gekry.
Daar was tye wat ek breed geglimlag het vir van die grappe, en ander kere wat die trane sommer stil-stil oor my wange gekruip het. Dis dan wanneer 'n mens besef hoe geseënd jy eintlik is.
Die Stofpadkoerant blaai n dankie se blad om:
Hier van my wêreld van stofpaaie en mooi sonsondergange weet ons mos: geld maak jou nie ryk nie, mense maak jou ryk. En ek is skatryk. Aan harte wat onthou. Aan vriendskappe wat nie roes nie. Aan boodskappe wat uit liefde gestuur word sonder dat iemand iets terug verwag. 'n Mens loop maar sy stofpad deur die lewe en dink soms jy stap alleen. Dan, op 'n dag soos gister, besef jy daar is soveel mooi mense wat saam met jou stap. Party naby, party vêr, party wat ek lanklaas gesien het, maar almal het op hulle eie manier 'n sonstraal oor my verjaardag kom gooi.
Uit die diepte van my hart sê ek dankie, dankie, dankie vir al die liefde, omgee en mooi wense op my verjaarsdag gister. Julle het van 'n gewone dag iets besonders gemaak wat ek nog lank saam met my sal dra. Mag die goedheid wat julle vir my gewys het, honderdvoudig terugkom na elkeen van julle. Mag julle paaie glad wees, julle huise warm, julle koffie sterk en julle brood altyd met die botterkant bo val.
Ek is ongelooflik dankbaar dat ek omring word deur sulke hartsmense soos julle.
Met 'n vol hart en nat oë,
Marius
Die Stofpadkoerant se:
"Op die lang stofpad van die lewe is dit nie die myle wat tel nie, maar die mense wat langs jou stap."
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 6 November 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Happy happy
Daar is 364 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.