Die Stofpadkoerant maak bekend
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Dit is moeilik om afskeid te neem van iemand wat so ’n besondere plek in ’n mens se lewe gekry het. ’n Vriend soos Pierrie Franken verdwyn nie eenvoudig wanneer hy sy laaste asem uitblaas nie. Hy bly voortleef in die stories wat ons vertel, die herinneringe wat ons koester, die lag wat nog in ons ore weerklink en die leë plek wat sy afwesigheid agterlaat.
Aan almal wat Pierrie geken en liefgehad het — kom deel asseblief hierdie laaste oomblik saam met die familie en vriende.. Kom staan saam, kom onthou saam, en kom groet ’n vriend wat ’n besondere spoor in ons lewens getrap het.
Rus sag, my vriend.
Marius, Christelle en Bar-B-Que personeel
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 25 Oktober 2026. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Rus sag Pierre. Min besigheidsmanne het jou klieënte kennis en deernis gehad. Altyd vriendelik en hulpvaardig gewees.
Daar is 7 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.