Uitgawe van Donderdag 25 Desember 2025Parow

Die Stofpadkoerant

Donderdag 25 Desember 2025Terug na die voorblad

Kersfees boodskap

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Lesse geleer op stofpaaie en grondpaaie laat dink my so baie aan liefde en watter groter liefde is daar dan Kersfees, geboortedag van ons Verlosser. My ou knapsak is vol van onthougoed opgetel deur jare se loop, loop soms sonder om te se, maar kom elke keer terug met nog goeters in my sak, neef Dapie seg my “Portemento” staan “duk” en ek haal so n paar lewenslesse uit, opgetel op agterpaaie en kookskerms in Namakwaland, hierdie lesse is my geskenk aan jou, elkeen wat dit lees mag hierdie Christusfees een volmaakte fees vir julle en jul families wees, vrede en liefde gooi ek ook op die koop toe in.

Vergewe die wat jou gekoer het hierdie jaar. Vergifnis is die soet geur wat n viooltjie nalaat op jou skoensool wanneer jy dit per ongeluk plattrap.

Hy wat nie geld of goed het nie is arm, hy wat net geld het is nog armer. Lewe n lekker lewe, loop soms sonder om te se. Dit is net n dwaas wat arm lewe om ryk te sterf.

Wanneer dinge bietjie verkeerd loop, onthou, te veel mooiweer en sonskyn is die oorsaak dat daar woestyne is, daar moet so af en toe onweer wees en deurslag reen.

Glimlag gereeld, n lepeltjie heuning trek meer bye dan n emmer vol stront. Daar is baie meer vreugde te sien in die waai van n hond se stert dan op die gesigte van sommige mense.

Lewe so dat indien iemand van jou sleg praat niemand hom of haar sal glo nie.

Moenie byt as n grom genoeg is nie.

Moenie n kind te veel bederf nie. Wanneer jy vir n kind en n vark alles gee wat hulle wil he, sit jy eendag met n goeie vark en n slegte kind.

Die lewe is soos n velkarros wat te klein is, trek jy jou kop toe is jou voete oop, maak jy jou voete toe is jou skouers oop. Dankie my komvandaanmense wat my geleer het om my kniee te buig, in gebed is jy heel toe en is daar ook plek vir jou mense.

Geseende Kersfees, ek buig hierdie jaar my kniee vir elkeen van julle, doen dit vir my ook, asseblief.

Marius en Christelle en al die personeel van die Bar-B-Que

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 25 Desember 2025. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Puik oom Marius.

Wessel G.

Daar is 8 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.