Uitgawe van Dinsdag 9 Desember 2025Parow

Die Stofpadkoerant

Dinsdag 9 Desember 2025Terug na die voorblad

Die telefoonpratertjie lui verlede week, jong seun van anderland vra…

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Die telefoonpratertjie lui verlede week, jong seun van anderland vra, hartseer, oom Marius my foto waar die Springbokke boodskappe vir my stuur is weg, afgevee. En ek weet niks. Sê ek sal kyk en laat weet. Jong seun is ñ oulike kind , ek kry hom jammer. Gaan soek vir Megan die dogtertjie, die een wat elke dag op die Bar-B-Que blad kyk wat die mense sê van haar foto en storietjie wat oom Marius geskryf het, weg. En ek sien die Bar-B-Que Steakhouse se blad is vernietig, klomp jare se Geskiedenis is weg, Bar-B-Que Steakhouse se kliente wat vir jare salarise betaal het, wat gehelp het dat kinders geleerdheid kry, is net so in 'n oogwink weg en harteloos verwyder. Nou na jare se goedheid, nou kry oom Marius ñ vroee Kersgeskenk en ñ laat verjaarsdaggeskenk. ñ Week vroëer ñ briefie om te sê hoe dankbaar mense is oor die geleentheid wat ek gegee het om hulle te help, grade agter hul naam, deur BBQ moontlik gemaak.

Waaragtig ontvang oom Marius se prokureur n brief van dieselfde mense wat "dankbaar" was vir die geleenthede om te sê en erken, hulle het die fotos geneem en hulle het my opskrifte geplaas op die ou blad so al die inhoud van die ou blad behoort aan hulle. Met hierdie denkwyse se hulle ek het nie 'n reg tot die ou blad nie en hulle glo hulle is die eienaars van al die fotos, plasings en opskrifte op die blad en hulle kan daarmee doen wat hulle wil. So het hulle dit vernietig. Jare se werk, kliente herinneringe en ondersteuning is weg.

Die ou blad is oopgemaak en vir my is vertel dat sy n fout gemaak het en dat net hulle administrasie kan doen, wat hulle nie vertel het is dat hulle wel eienaarskap kon oordra.

Die foto’s is geneem met hulle telefone omdat ek wys gemaak is hulle kameras neem beter fotos. Iphone is die beter een.

Met die boonste aangemeld aan my prokureurs plaas hulle my, Marius Strauss en Bar-B-Que Steakhouse, onmiddelik in n posisie waar BBQ of ek? nie wil wees nie. Al die foto’s is in die Bar-B-Que Steakhouse geneem, baie van die fotos is van mense en hul kinders, volgens die skrywers is hulle die eienaars van die fotos.

Daardie fotos en plasings is alleenlik vir die doel van Bar-B-Que se blad en delings. Met dit in ag en om my naam en besigheid se naam te beskerm teen toekomstige eise vir die misbruik van die inhoud van die ou blad, wat die Bar-B-Que Steakhouse en Marius Strauss nie van deel is nie en beheer het nie, versoek ek dat julle my onmiddelik kontak indien:

Enige persoon wat oplet dat enige informasie, fotos, advertensies, en/of plasings geplaas word, gedeel word, op ge-kommentaar is,

Indien daar opgelet word dat daar informasie geplaas is wat inkorrekte pryse, ure, adres of dienste aandui,

As enige persoon 'n versoek ontvang vir betaling of persoonlike informasie van die ou bladsy, of

Enige informasie, fotos, advertensies, en/of plasings wat buite karakter is vir Bar-B-Que Steakhouse.

Vorentoe sal hierdie die Facebook Blad wees van Bar-B-Que Steakhouse en alle informasie sal hier geplaas word.

Ons verwelkom julle om die nuwe blad te "like" en te "follow" en te deel(share) en ons sien daarna uit om al die "ou" en nuwe gesigte weer op die muur van ons blad te sien.

Groetnis Marius

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 9 Desember 2025. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Nee man. Ek is seker daar is iets wat n mens kan doen. Oom Marius, ek hoor gou by my spanne vandag dan laat weet ek oom.

Caroline E.

Daar is 9 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.