Nuwejaarsboodskap 2026
Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Nog net een halwe dag en die hele jaar is verby. Die laaste blad van my stofpadkoerant van 2025 is besig om van die drukpers te kom. My bondeltjie onthougoed van hierdie jaar is ruim al was die jaar soveel korter, altans so gevoel. In my bondeltjie is nie baie seer hierdie jaar nie, min bely goed en min sonde. Die verlang na my komvandaanplek was sterk, het party aande laat onder my ou boom gesit en genoei-ie oor my mense. So op my eie het die trane streep gemaak oor n vaal bokwerkvuil gesig, soutsmaak het baie dae lekker gesmaak wanneer dit lekkerloop trane was van onthou. Verlang is mos nie sonde nie, ook nie oorvertel storie nie. Moet ek vandag bieg, bemoeienis maak soos in Matewis staan het ek ook nie te veel gemaak nie. Vir die wat ek op verjaarsdae gemis het, my langalmanak agter die troonkamer se deur is nog daar, het net uit onthou uit geraak. Komende jaar sal ek meer moeite maak. Baie dae verlang na al my maters, laatnag gedroomdink aan al die mooi wat julle soms aan my stuur, en gatskopsleg gevoel omdat ek nie maar kontak gemaak het hierdie jaar nie. Wil nou nie blo dat dit beter sal gaan nie, maar ek sal probeer. Baie dankie vir die liefde wat almal vir my gegee het, oorvloediglik hierdie jaar. Wil ek vir al my maters en matertjies, my vrinne en kennisse en ook daardie spesiale klomp, almal van julle seg: Mag die komende jaar n lekkerloopjaar vir elkeen van julle wees, mag hy met rooisatyn oorgetrek wees dat julle nie nodig het om te beurstap teen die aanslae van die tyd nie. Mag elke klippie in jul pad deur iemand weggerol word, mag ek die een wees wat dit vir julle doen. Vrede, vreugde en liefde sal ek aand vir aand vir julle toebid as ek op my kniee gaan. Mag die slegste dag in die komende jaar baie beter wees as die beste in 2025. Mag die platneus teen die canfruit bottel en kyk na die begeer en verlang daarbinne nie nodig wees vanaf more af nie, mag alles vir julle mooiloop. Tel elke dag jul seeninge, vier die lewe as genadegawe onder die leiding van die Heer. LIEFDE, Bar-B-Que Steakhouse Parow LIEFDE VIR 2026 van Marius, Christelle en al BBQ Steakhouse se personeel
Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 31 Desember 2025. Lees dit op Facebook.
Briewe aan die redakteur
Wat lesers op Facebook gesê het
Jou kos is nie net die beste nie dan skrywe jy nog so mooi diep uit die hart uit ook Mooiste 2026 vir julle vol voorspoed vir jou en jou familie en mag Bar-B-Que Steakhouse van krag tot krag gaan
Daar is 18 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.