Uitgawe van Dinsdag 24 Maart 2026Parow

Die Stofpadkoerant

Dinsdag 24 Maart 2026Terug na die voorblad

Lekker, Sandsuikerlekker, is van die stories en dinge en goeters wat hier by…

Deur Marius, net MariusBar-B-Que Steakhouse Parow

Foto by die storie

Lekker, Sandsuikerlekker, is van die stories en dinge en goeters wat hier by die Bar-B-Que Steakhouse Parow gebeur. Hierdie een, miskien twee is nou lekker skinner, maar mooi skinner van suksesresepte net hier by ons. Jannewarrie so twee jaar gelede, ek sluit die voordeur oop na twee weke se vakansie en saam met my en die mevrou kom hierdie vreemde dogter, mooi aangetrek, die deur in. Sit n CV voor my neer met die grootste trots in haar lewe, n Matrieksertifikaat, wat beter lyk dan myne, baie gisters gelede. Van die letters vir die vakke is hier van die eerstes van ons alfabet. My sertifikaat het darrem drie "Enoughs" gehad en een wat die eerste letter langsaan gehad. Hierdie kind praat Ingels, "sir I am looking for a job" en my Engels is op daardie oomblik alles op, kan eens nie "Hello" uitspreek nie. Vra "kan jy Afrikaans praat" en die antwoord "Ja, meneer" Die Bar-B-Que het net kombuispersoneel en Kelnerinne en laasgenoemde het ons nie nodig nie nie, In my kombuis is een mens kort, kraamverlof tot die 1ste Maart. Dra die so oor en se, indien jy daardie werk wil he sal jy my vloere moet mop, want dit is net vir 6 tot 7 weke. Matrieksertifikaat en vloere mop, haaikonna dink ek, wys my die kind wat dit sal doen. Wragtie vra sy wanneer kan sy begin, vyftien minute later begin sy as vloer-mop-ingenieur van die Bar-B-Que Steakhouse Parow. Ses weke later, die vloere blink en Anna kom met die volgende: 'Babba" what about me, my time is up, please help me to better my life". Sag geraak en gewoond geraak aan skoon vloere, waar jy kan sien en onder die banke, die beste mopper ooit. My antwoord, dan moet jy maar bly en vloere mop, en sy "Thank you Babba for the oppertunity". Weereens dankbaar, opreg dankbaar dat sy my vloere kan skoonmaak na die beste van haar vermoe. Drie maande later en die mevrou se vir my, het jy al na die kind gekyk, behoorlik gekyk. Sy is nie net mooi van binne nie, nederig en goed gemanierd nie, sy is mooi van buite, modelmooi. En ek kyk vir die eerste keer behoorlik en sien so kan n mens maar lyk. Bel onmiddelik vir Jan Theron, fotograaf van formaat en diep siel die Jan, kom eet en kyk gou vir my of die kind potensiaal het. Saterdagaand kom eet Jan en sy vrou en offer om vir die kind n portfolio te neem, gratis en verniet. Maandag neem ek vir Anna en Jan gaan uit sy pad om n stel foto's te neem. Die volgende paar maande help ons haar om net die basiese dinge te leer van model wees, sy woon kursusse by en walla, die telefoon oproep. "Babba, i want you to come and have a look at a document". Weet nie wat om te verwag nie, en toe sy die bruin koevert oopmaak en die briefhoof is in goud gedruk. Lyk amper soos n perdesport besigheid, ek weet hulle maak klere, en parfuum en handsakke en belde, die jongmense is mal oor hulle en Anna kry n drie jaar kontrak as loopplank model. En hierdie "Babba" is trots, baie trots. My Matrieksertifaat mopper is goedgekeur by n top modelagentskap en ek weet nou nog nie hoe om kappies en ander goetertjies bo op letters te sit nie.

Foto by die storie

Eerste keer geplaas op die Bar-B-Que Steakhouse Parow se Facebook-blad, 24 Maart 2026. Lees dit op Facebook.

Briewe aan die redakteur

Wat lesers op Facebook gesê het

Sy is pragtig Marius. Jy het my mos van haar vertel, maar man jy en Christelle het wereens iemand se lewe geraak en beter gemaak. Baie dankie namens almal van ons wat al deur daai deure gestap en anders uitgedraai het..

Aletia R.

Daar is 182 opmerkings by hierdie storie op Facebook. Lees almal daar.